By Akademia is studentwees soveel méér as net jou studie, en is jy nie nét nóg ʼn studentenommer nie. Dit is ʼn plek waar jy sinvolle gesprekke kan voer, lewenslange vriendskappe kan smee en waar jy roepingsgedrewe die toekoms tegemoetstap. Waar beter om hierdie strewe op die proef te stel as by die kampusopedag in Pretoria en/of die Paarl? Kom ervaar eerstehands hoe Fontie-wees jou denke én hart vorm.
Bespreek vandag nóg jou plek en kom kyk (en ervaar) vir jouself waarom Akademia se eiesoortige en sorgsame kultuur hom ʼn voorkeur- Afrikaanse studietuiste maak. Ons kan nie wag om jou in ons wêreld te verwelkom nie!